11: Epiloog

Profeet Muhammad-moskee (Al-Masjid Al-Nabawi) Madinah, Saoedi-Arabië
Dit is die woord "Muhammad" in Arabies wat in 'n vormende styl ontwerp is.

Muhammad, die man

Die geskiedenis het fyn besonderhede van Muhammad se lewe sowel as sy verhewe en menslike omgang met mense, aangeteken.

Michael Hart verklaar in sy boek “The 100; A Ranking of the Most Influential Persons in History" ['n Rangorde van die invloedrykste persone in die geskiedenis]:

“Van nederige oorsprong, het Muhammad een van die wêreld se grootse godsdienste gestig en gepromulgeer en 'n uiters effektiewe politieke leier geword. Vandag, dertien eeue na sy dood, is sy invloed steeds kragtig en deurdringend. Die meerderheid persone in hierdie boek het die voordeel gehad dat hulle gebore en grootgeword het in sentrums van beskawing, hoogs gekultiveerde en polities deurslaggewende nasies ”.

Muhammad is egter gebore in die jaar 570 CE, in die stad Mekka, in die suide van Arabië, destyds 'n agtergeblewe gebied van die wêreld, ver van die sentrums van handel, kuns en leer.

“Dit is hierdie ongeëwenaarde kombinasie van sekulêre en godsdienstige invloed wat volgens my Muhammad geregtig maak om as die invloedrykste enkele figuur in die geskiedenis van die mensdom beskou te word.”

“Dit is waarskynlik dat die relatiewe invloed van Muhammad op Islam groter was as die gesamentlike invloed van Jesus Christus en Sint Paulus op die Christendom. Op suiwer godsdienstige vlak lyk dit waarskynlik dat Muhammad net so invloedryk in die mensegeskiedenis was soos Jesus. ”

Michael Hart
Let wel: Moslems hou nie van die beskrywing van Profeet Muhammad as 'n "stigter van godsdiens" nie. Moslems beskou hom as Boodskapper van God.

Muhammad, die leier

In 'n objektiewe gesprek oor Muhammad skryf die Franse skrywer en politikus, Alphonse de Lamartine in sy boek Histoire de la Turquie:

“Nog nooit het 'n mens vir homself, vrywillig of onwillekeurig, 'n doelwit meer verhewe voorgestel nie, aangesien hierdie doel onmeetlik was: [om] die bygelowe wat tussen die skepsel en die Skepper geplaas word, te ondermyn; [om]God terug aan die mens te gee en die mens aan God; [om] die rasionele en heilige idee van goddelikheid te herstel te midde van hierdie heersende chaos van materiële en ontsierde gode van afgodery. Nog nooit het 'n man in so 'n kort tyd so 'n geweldige en langdurige rewolusie in die wêreld volvoer nie." "As die grootsheid van die doel, die geringheid van die middele, [en] die omvang van die resultaat, die drie maatstawwe van 'n man se genialiteit is, wie sal dit menslik waag om 'n groot man van moderne geskiedenis met Muhammad te vergelyk?"

Alphonse de Lamartine

Lamartine het ook aangedui dat Muhammad nie wapens en ryke verskuif het om 'n materiële mag te skep nie, maar dat hy idees, oortuigings en siele beweeg het. Hy het gegrond op 'n Boek, waarvan elke letter 'n wet geword het, 'n geestelike nasionaliteit tot stand gebring wat mense van alle tale en rasse in die wêreld omhels.

Muhammad, die boodskapper van God

Die verhaal van Suraqah; 'n belofte wat 20 jaar later vervul is

Toe Muhammad saam met sy hegte metgesel Abu Bakr (622 nC) na Madinah migreer, het die Mekkaanse leiers 'n groot beloning van 100 kamele aangekondig vir enigeen wat Muhammad dood of lewendig kon bring.

Ongelukkig is Muhammad en sy metgesel opgespoor deur een van die Arabiese ridders, Suraqah bin Malik, wat deur die groot beloning in versoeking gebring is. Op pad het sy perd [egter] gestruikel en hy het 'n paar keer op die grond geval. Hy het hierdie ongewone voorvalle as 'n indirekte boodskap beskou dat Muhammad waarskynlik deur goddelike mag ondersteun is. 

Toe Suraqah vir Muhammad nader, het Muhammad vir hom gesê:

"Keer terug na jou mense en ek belowe jou dat jy eendag (onder die sambreel van die Islamitiese staat) die armbande (polsbande) van Chosroes, die Persiese heerser, sal dra." (Al-Bayhaqi in Al-Sunan Al-Kubra (6/357, no.13156)

Suraqah het verwonderd gevra of Muhammad die armbande van Khusrow bin Hormuz, die keiser van Persië, bedoel het. Muhammad het met volle vertroue "ja" geantwoord. Hy het 'n sterk geloof gehad dat die godsdiens van Islam Persië sou bereik en oor die hele wêreld bekend sou wees.

Suraqah het na Mekka teruggekeer, maar hy het nie Islam aanvaar nie totdat Muhammad agt jaar later (jaar 630 HJ) Mekka vreedsaam oorgeneem het. 



Muhammad is oorlede in die jaar 632 nC en sy belofte aan Suraqah is deur sy metgeselle as eg beskou en dat dit eendag sou gebeur.

Die tyd het verloop totdat Omar Bin Al-Khattab die tweede kalief (heerser van die Moslemstaat) geword het. In sy tyd, het Islam Persië in die jaar 642 nC bereik en al die skatte van Khusrow, die keiser van Persië, het in die hande van Omar geval.

Omar het die verhaal van Suraqah onthou en het sy metgeselle gevra om Suraqa na hom te bring (20 jaar het verloop sedert hierdie voorval plaasgevind het en Suraqah het [intussen] 'n ou man geword).

Na gebedsbyeenkoms het Omar vir Suraqah gesê: “Hier is die armbande van Khusrow, die keiser van Persië. Dit is wat Muhammad jou belowe het. Trek hulle aan en laat alle Moslems hulle sien sodat almal seker kan word dat Muhammad se belofte vervul is.”

Suraqah het gehuil en almal het [saam]gehuil. Muhammad se belofte het tien jaar nadat hy oorlede is, 'n werklikheid geword.

Die verhaal van die Kaabah-sleutel: 'n blywende belofte

In die jaar 630 nC het Muhammad 'n oorwinning oor die hoofde van Mekka behaal en Mekka vreedsaam betree. Hy het teruggekeer huis toe, nie om die res van sy lewe daar te woon nie, maar om die heidendom uit te wis en die oorspronklike doel van Kaabah te bevry of te herstel (Die Kaabah is die kubusvormige gebou wat deur die Profeet Abraham opgerig is om een God te aanbid). Muhammad het alle afgode rondom die Kaabah verwyder en sy metgesel Bilal gevra om bo-op die Kaabah te klim en [uit] te roep:

God is die Grootste, God is die Grootste, ek getuig dat daar geen god is nie behalwe Allah, en ek getuig dat Muhammad sy boodskapper is.

Muhammad wou die sleutel vir die Kaabah-deur hê, en roep toe vir Othman Bin Talha (van die Bani Shaiba-familie) wat die bewaarder van die Kaabah-sleutel was. Voor [die koms van] Islam het 'n verdrag bestaan waarin aan die familie van Bani Shaiba die eer gegee is om 'n voog of 'n bewaarder van die Kaabah te wees. Hierdie eer en verantwoordelikheid is oorgedra van die oupas aan die seuns in dieselfde familie totdat dit Othman Bin Talha bereik het.

Othman Bin Talha was in daardie tyd nuut tot die Islam. Baie jare tevore het hy geweier dat Muhammad selfs die Kaabah binnegaan en soos ander mense, daar binne bid omdat hy hom nie geglo het nie. Toe Muhammad na Mekka terugkeer, het Othman [egter] geen ander keuse gehad nie as om Muhammad die sleutel te gee en die eer te verloor om die sleutel te hou.

Op daardie oomblik het baie mense Muhammad gevra om hulle die eer te gee om die sleutel van die Kaabah te bewaar en duisende Moslems het na Muhammad gekeer om te sien wie die nuwe bewaarder van die Kaabah-sleutel sou wees. 

Muhammad het die oomblik van stilte verbreek, en die deur van die Kaabah oopgemaak en dit van afgode skoongemaak. Daarna het hy na Othman Bin Talha gekyk en vir hom gesê (met respek vir vorige ooreenkomste): 

“Vandag is 'n dag van lojaliteit en vroomheid! Neem die sleutel terug. Van nou af tot en met die Oordeelsdag kan niemand dit van u (familie van Bani Shaiba) neem nie, tensy hy 'n aanvaller was. '

Vertel deur Al-Tabaraani in Al-Kabir (11/120) No.:11234

'n Oomblik van getrouheid wat tot vandag toe duur

Julle mag verbaas wees om te weet dat die nageslag van die Bani Shaiba-familie tot NOU nog die sleutel [tot die Kaabah-deur] hou! 

Meer as 1400 jaar het verloop en die sleutel word steeds oorgedra van die een geslag van die Bani Shaiba-familie aan die volgende geslag. Tot die hede, durf niemand dit van hulle neem nie, anders sou hy of sy, volgens die beskrywing van Muhammad, as 'n "aanvaller" beskou word. 

Deesdae, wanneer die Saoedi-owerhede hul jaarlikse skoonmaak en voorbereiding van die Kaabah vir die jaarlikse pelgrimstog uitvoer, kontak hulle 'n persoon uit die Bani Shaiba-familie (wat tans 'n Saoedi-familie is) om die Kaabah-deur vir hulle oop te sluit.

Muhammad, 'n profeet vir ons tyd

Karen Armstrong, die skrywer van, "Muhammad: A Prophet for Our Time", dui aan dat ons die lewe van Profeet Muhammad op 'n gebalanseerde manier moet benader ten einde sy aansienlike prestasies te waardeer. Hy het belangrike lesse gehad, nie net vir Moslems nie, maar ook vir Westerse mense.

Sy het ook aangedui dat as ons 'n ramp wil vermy, die Moslem- en Westerse wêrelde nie net moet leer om mekaar te verdra nie, maar om mekaar te waardeer. 'n Goeie vertrekpunt is die figuur van Muhammad.