fbpx

13: Islamitiese argitektuur

Moskees

Katedraal-moskee in Moskou, Rusland

Die Groot Moskee van Koeweit:

Foto geneem deur fotograaf Ahmad Al Amiri op die 27ste nag van die maanmaand Ramadan. In sy spitstyd kan die moskee meer as 45 000 mense huisves, insluitend die buite-areas.

Sheikh Zayed Groot Moskee, Abu Dhabi, VAE

Dit is die grootste moskee in die Verenigde Arabiese Emirate en die agtste grootste moskee ter wêreld. Die moskee-terrein is gelykstaande aan die grootte van ongeveer vyf sokkervelde. Dit kan meer as 40 000 aanbidders huisves.

Die moskee het 82 koepels en 4 minarette, elk 107 m hoog. Die moskee het die wêreld se grootste tapyt, wat 'n oppervlakte van 5627 m2 beslaan, en die wêreld se grootste kandelaber (15 m hoog en 10 m deursnee). Die moskee word beskou as een van die belangrikste toeriste-aantreklikhede in die VAE

Die Jumeirah-moskee, Dubai, VAE:

Een van die mooiste moskees in Dubai wat moderne Islamitiese argitektuur weerspieël.

Koning Hussein-moskee, Amman, Jordanië:

Die Koning Hussein-moskee is in 2005 ingewy as een van die grootste moskees in Amman [en] wat die moderne Islamitiese kuns en kalligrafie weerspieël. Met sy vierkantige vorm en vier minarette kyk dit uit oor die stad Amman aangesien dit oor 'n berg van ongeveer 1000 m bo seevlak, gebou is.

Ahmed Al-Fateh-moskee, Koninkryk van Bahrein – Juffair:

Hierdie moskee is in 1988 deur die wyle Amir van Bahrein, Sheikh Issa bin Salman Al-Khalifa geopen. Die moskee beslaan 'n oppervlakte van 6 500 vierkante meter en dit kan tot 7 000 aanbidders akkommodeer. Die moskee weerspieël 'n ooglopende mengvorm van Islamitiese argitektuur en die plaaslike erfenis.

Al-Saleh-moskee, Sanaa, Jemen

Hierdie is die grootste moskee in Jemen. Dit is in 2008 geopen, beslaan 'n totale oppervlakte van ongeveer 27 300 m2 en het 'n kapasiteit van 40 000 aanbidders. Die moskee is in 'n Jemenitiese argitektoniese styl gebou. Dit sluit 15 houtdeure asook 6 groot minarette in.

Sultan Qaboos Groot-moskee, Muscat, Oman:

Sultan Qaboos Groot-moskee is die grootste moskee in Oman. Dit is in 2001 geopen en sluit die wêreld se tweede grootste handgeweefde mat en kandelaber in. (Die moskee beslaan 'n area van 416 000 vk. meter, en die moskee-kompleks beslaan tot 40 000 m2).

Al-Aqsa-moskee, Jerusalem

Moslems glo dat Al-Aqsa-moskee in Jerusalem die tweede moskee is wat op die aarde geplaas is vir die mensdom om een God te aanbid (Let wel: die eerste een is die Heilige-moskee in Mekka). Al-Aqsa-moskee is 'n heilige plek vir Moslems en was vroeër die eerste Qiblah in Islam (die plek waarheen Moslems vroeër hul gesigte gerig het wanneer hulle tot God gebid het). Na God se Koraniese openbaring is Moslems beveel om die Qiblah te verander na die Moskee van Heiligdom in Makkah, wat die Kaabah bevat (die Kaabah is die kubusvormige gebou wat deur profeet Abraham (VoH) gebou is om een God te aanbid). Die totale oppervlakte van Al Aqsa-moskee/-heiligdom is ongeveer 14,4 hektaar of 144 000 m2. Dit sluit twee belangrike heiligdomme in, die Qibli Masjid (waar die imam gewoonlik die gebede lei) en die Rotskoepel (Dome of the Rock).

Rotskoepel, Jerusalem

Die Rotskoepel is 'n Islamitiese heiligdom en 'n moskee wat in die tydperk van 688-692 nC deur die Umayyad-kalief, Abdul Malik Bin Marwan gebou is. Die moskee is gebou oor die rots wat volgens Moslems geloof die plek is waar Profeet Muhammad (VoH) na die hemele opgevaar het. Dit is 'n agthoekige gebou met 'n goue koepel van 29,4 m in deursnee.

Umayyad-moskee, Damaskus, Sirië

Die Ummayad-moskee is in [ die periode] 706 -715 nC onder die Umayyad-kalief, Al Walid tot stand gebring. Dit is een van die grootste en oudste moskees in die wêreld wat van betekenisvolle argitektoniese belang is (die binnekant van die moskee beslaan ongeveer 4000m2). In 2001 het pous Johannes Paulus II die moskee besoek - die eerste keer dat 'n pous 'n besoek aan 'n moskee gebring het. Die minaret in die suidoostelike hoek word die Minaret van Jesus genoem aangesien baie Moslems glo dat wanneer Jesus terugkom, hy naby hierdie minaret sal neerdaal.

Die Groot-moskee van Samarra, Samarra, Irak:

Hierdie is 'n 9de eeuse moskee wat in die Irakse stad Samarra geleë is. Die moskee is in 848 in gebruik geneem en in 851 deur die Abbasid-kalief, Al-Mutawakkil voltooi.
Die Groot-moskee van Samarra was op 'n tyd die grootste moskee ter wêreld. Sy minaret, die Malwiya-toring, is 'n groot spiraal keël, (slakvormig) 52 meter hoog en 33 meter breed, met 'n spiraalvormige oprit. Die moskee het 17 gange gehad, en sy mure was bedek met mosaïeke van donkerblou glas. Die minaret is in die styl van Babiloniese ziggoerat.

Sultan Ahmet-moskee, Istanbul, Turkye:

Hierdie moskee is beter bekend as die "Blou Moskee", met kaskade koepels en ses skraal minarette. Die moskee is gebou in die 17de eeu in opdrag van Sultan Ahmet van die Ottomaanse Ryk (konstruksie het in 1609 begin en het sewe jaar geneem).

Aya Sofya, Istanbul, Turkye

Aya Sofya (Hagia Sophia) is in Istanbul, Turkye. Dit is 'n voormalige Bisantynse kerk wat vir ongeveer 500 jaar as 'n Ottomaanse moskee gedien het. Nou is dit 'n museum en 'n groot toeriste-aantreklikheid.

Taj Mahal, Agra, Indië

Die Taj Mahal is gebou deur Shah Jahan (1592–1666) ter nagedagtenis aan sy vrou. Weens sy unieke argitektoniese ontwerp word die gebou as een van die belangrikste toeriste-aantreklikhede in die wêreld beskou. Langs dieTaj Mahal het Shah Jahan 'n moskee gebou wat deel is van die Taj Mahal-kompleks. Gegraveer op Taj Mahal-mure, is daar volledige hoofstukke (Surahs) uit die Koran.

Volgens Islamitiese leerstellings is die egter verbode om strukture oor grafte te bou. 'n Graftombe is 'n struktuur bo die grond, en 'n graf is die gat onder die grond. Volgens die leerstellings van Profeet Muhammad moet die graftombe nie meer as een "shibr" wees nie, dit wil sê ongeveer 20 cm bo die grond. Nadat die liggaam in die graf gesit is, word die sand wat uitgegrawe is, weer oor die graf gepak op 'n manier wat soos 'n kameelbult oor die graf lyk.

Verder, het Profeet Muhammad mense aanbeveel om begraafplase te besoek om die feit te onthou dat elke lewende wese sal sterf en na sy of haar Heer sal terugkeer. Dit is net God wat verheerlik, verhoog en aanbid moet word, nie mense nie.

Jama Masjid in Nieu-Delhi, Indië

Die grootste moskee in Indië is in 1656 gebou.

Faisal-moskee, Islamabad, Pakistan

Lahore Fort, Lahore, Pakistan

Star-moskee, Dhaka, Bangladesj

Auburn Gallipoli-moskee, Sydney, Australië

Sultan-moskee, Singapoer

Sultan Omar Ali Saifuddin-moskee, Bandar Seri Begawan, Brunei Darussalam

Tokyo Jami, Japan

Pattani Sentrale-moskee, Thailand

Die Kristalmoskee, Kuala Terengganu, Maleisië

Die moskee is hoofsaaklik van kristal gebou. Dit is geleë in Islamic Heritage Park op die eiland Wan Man. Dit is amptelik in 2008 geopen.

Putrajaya-moskee, Maleisië

Kuantan-moskee in Maleisië

Ubudiah-moskee, Perak, Maleisië

Al-Azhar-moskee, Kaïro, Egipte

Die moskee is in 971 nC tot stand gebring, en word verbind met een van die oudste funksionerende universiteite ter wêreld (geopen 988 nC).

Die Ahmad Ibn Tulun-moskee, Kaïro, Egipte

Die moskee is in 879 nC voltooi, en is een van die grootstes ter wêreld, (26 318 m2). Dit is dit ook befaamd vir sy pragtige argitektuur en unieke minaret.

Die Mezquita van Cordoba, Cordoba, Spanje

Mezquita is die Spaanse woord vir "moskee". Hierdie is 'n 8ste eeuse moskee wat deur Islamitiese argitekte ontwerp is onder die toesig van die Emir van Cordoba, Abdul-Rahman II (822-852). Vandag is die Mezquita die katedraal van Cordoba (Katedraal van Our Lady of the Assumption).

Alhambra Calat, Spanje

Die Alhambra Calat word ook "die rooi fort" genoem. Dit is 'n paleis- en vestingkompleks, gebou tydens die heerskappy van die Moslem-sultan van Granada (1353-1391 nC). Vandag is dit een van Spanje se belangrikste toeriste-aantreklikhede wat die bekendste Islamitiese argitektuur in Spanje vertoon. Let wel: Die Paleis van Romeinse Keiser Charles V is in 1527 nC binne die Alhambra opgerig.

Masjid Istiqlal, Jakarta, Indonesië

Masjid Istiqlal is die grootste moskee in Suidoos-Asië. Istiqlal beteken onafhanklikheid. Dit is geleë langs die grootste katedraal in Indonesië.

Masjid Raya Baiturrahman, Banda Aceh

Hierdie moskee is een van die geboue wat die tsoenami in 2004 oorleef het. Ná die tsoenami het die moskee as 'n tydelike skuiling vir honderde mense gedien.

Die Hassan II-moskee, Casablanca, Marokko

Die moskee is in 1993 voltooi en is ontwerp deur die Franse argitek Michel Pinseau. Die minaret van die Groot Moskee is die hoogste struktuur in Marokko en die hoogste minaret ter wêreld (210 meter). Snags skyn lasers 'n straal vanaf die bopunt van die minaret na die Moskee van Heiligdom in Mekka. (Kapasiteit: 25 000 aanbidders)

Die Karaouine Universiteit en Moskee, Fes, Marokko

Hierdie moskee is in 859 nC deur 'n vrou, Fatima Al-Fihri, gevestig. Volgens UNESCO en Guinness World Records is dit die oudste bestaande en voortdurend-werkende hoër onderwysinstelling in die wêreld Volgens sommige navorsers was die Karaouine-universiteit 'n model vir Europese universiteite en is dit een van die oudste universiteite wat nog in werking is.

Kipchak-moskee in Ashgabat, Turkmenistan

Azadi-moskee, Ashgabat, Turkmenistan

Shir Dor Madrasah, Samarkand, Oesbekistan

Kalon-moskee, Bukhara, Oesbekistan

Die Groot Moskee van Parys, Frankryk

Hierdie is die grootste moskee in Frankryk. Dit is na die Eerste Wêreldoorlog op die been gebring en op 15 Julie 1926 ingewy.

Penzberg-moskee, Penzberg, Duitsland

Die minaret [van hierdie moskee] is gegraveer met woorde van die "Azaan", die Moslem-oproep vir die daaglikse gebede. Die Arabiese kalligrafiese ontwerp is gemaak deur die bekroonde kalligraaf Mohammed Mandi van die VAE

Let wel: In Islam is daar vyf gebede per dag. Die volgende is 'n vertaling van die woorde van die "Azaan" (oproep vir elke gebed). Elke stelling word twee keer herhaal: Allah is die Grootste. Ek getuig dat daar geen godheid behalwe Allah is nie. Ek getuig dat Muhammad die boodskapper van Allah is. Kom na die gebed. Kom na die ware sukses. Allah is die grootste. Daar is geen godheid behalwe Allah nie.

Die Groot Moskee van Xi'an, China

Grand Mosque, Semarang, Indonesië

Hui-moskee, Ningxia, China

Auwal-moskee in Bo-Kaap, Kaapstad, Suid-Afrika

Masjidul Quds in Gatesville, Kaapstad, Suid-Afrika

Masjidul Quds in Gatesville, Kaapstad, Suid-Afrika

Nizamiye-moskee in Midrand, Johannesburg, Suid-Afrika

Nizamiye-moskee in Midrand, Johannesburg, Suid-Afrika

Groot-moskee, Bobo Dioulasso, Burkina Faso

Djenné-moskee, Djenné, Mali

Djenné is die tuiste van die wêreld se grootste moddermoskee. Dit is meer indrukwekkend as wat dit mag klink: die gebou is reusagtig [groot] en slaag daarin om elegant te wees van naby sowel as van 'n afstand af. Twee keer per jaar los al die stad se inwoners alles, karwei modder uit die nabygeleë Bani-rivier, en tesame pak hulle [dan] weer die moskee-mure.