fbpx

10: Sy gesegdes

Profeet Muhammad het gesê terwyl hy die vingers van sy twee hande in mekaar gevleg het:

"Gelowiges is soos 'n struktuur, hulle ondersteun mekaar."

Voorgelees deur Al-Bukhari (481) en Moslem (2585)

Muhammad het drie lyne in die sand getrek en gesê: :

Dit is die mens (wat baie hoop en planne in hierdie wêreldse lewe het). Terwyl hy lewe om hierdie hoop te bereik of te verwesenlik, kom die dood na hom toe.”

Voorgelees deur Al-Bukhari (6417) en Moslem (1671)

Muhammad se spreuke en leringe is hoogs invloedryk aangesien dit die meeste aspekte van die lewe dek: spiritualiteit, sedes, sosiale aangeleenthede, handel, en meer. Sy spreuke spruit vanuit 'n basis van wysheid en goddelike openbaring.

Muhammad se spreuke, optrede en eienskappe staan bekend as sunnah en word beliggaam in versamelings van gesegdes [spreuke], of hadith. Na die Koran, verteenwoordig die sunnah die tweede bron van Islamitiese wetgewing.

” Jou metgesel [Muhammad] het nie van die pad van die waarheid afgedwaal nie en is ook nie mislei nie. Hy praat ook nie uit eie wil [of as 'n gier] nie.”

Koran, 53:2-3

Hier volg 'n seleksie van sy spreuke in verband met verskillende lewensake.

“Benut vyf voor vyf: Jou jeug voor seniliteit (die ouderdom), Fiksheid voor siekte, Rykdom voor armoede (behoeftigheid), Vrye tyd voor besige tyd, Lewe voor die dood.”

Vertel deur Al-Hakim in Al- Mustadriq No. 7846(4/341)

"Die volmaakte gelowiges is diegene wat die beste maniere het."

(Vertel deur Tirmithi)

“Twee genades, [wat] baie mense onderskat; [is] gesondheid en vrye (ledige) tyd.”

(Bukhaari, 6049)

“Afguns is verbode, behalwe in twee gevalle (jou wens om dieselfde te hê wat ander het, maar [met] geen slegte wense aan hulle nie). Die eerste een is 'n mens aan wie God rykdom geskenk het en hy spandeer dit regverdig. Die tweede geval is ’n mens aan wie God wysheid geskenk het en hy handel daarvolgens en dra dit aan ander oor.”

(Bukhari, 73/15)

“Maak dinge maklik vir mense (wat godsdienstige sake betref), en moenie dit vir hulle moeilik maak nie; gee hulle goeie tyding en moet hulle nie laat weghardloop nie.”

(Bukhari, 69/11)

“Diegene wat eerlike handel en sake doen op grond van duidelike voorwaardes, God seën hulle en hul besigheid (handel). In teenstelling, God seën nie diegene wat lieg en feite verberg nie.”

(Bukhari, 2082/22)

"Jy sal nie 'n gelowige in God wees as jy nie vir jou broers verlang wat jy vir jouself verlang nie."

(Bukhari, 13/7)

“Elke Moslem behoort Sadaqa te betaal (iets aan liefdadigheid bestee). As hy nie vind wat hy moes spandeer nie, laat hom dan werk om homself te bevoordeel en liefdadigheid te kan betaal. As hy nie werk gekry het nie, laat hom dan ander help (dit is 'n daad van liefdadigheid). As hy niemand vind om te help nie, laat hom goeie dade doen en hom daarvan weerhou (vermy) om slegte of bose dade te doen. Dit is ’n liefdadigheid vir hom.”

(Bukhari, 1445/30)

“Wanneer 'n mens sterf, kry hy geen beloning nie behalwe uit drie dinge: ingeval hy 'n aan liefdadigheid opgedra het waaruit mense voortdurend kan baat, of hy kennis of 'n wetenskap nagelaat het wat die mensdom bevoordeel, of as hy 'n goeie (gelowige) seun agtergelaat het wat aanhou bid en God se seëninge en vergifnis vir sy ouers vra" (Dit is van toepassing op beide mans en vrouens)

(Vertel deur Moslem, Tirmithi, Nassa'i)

"Wees gedagtig aan Allah waar jy ook al is, volg 'n slegte daad met 'n goeie daad want dit sal dit [die slegte daad] uitwis, en handel met mense met [volgens] hoë etiek."

(Tirmithi, 1987 en Ahmad 5/153)

“Geregtigheid is [deel van] goeie karakter, en kwaaddoenery is dit wat in jou siel weifel. Jy skuil in jou hart en hou nie daarvan dat mense daarvan uitvind nie.”

(Moslem, 15/2553)

“’n Sterk mens is nie die een wat sy teëstanders teen die grond [kan] gooi nie. ’n Sterk mens is hy wat homself bedwing as hy kwaad is.”

(Bukhari, 5785) en (Moslem, 4853)

“Wie in Allah en die Oordeelsdag glo, moet die goeie (woorde) spreek of stilbly, en wie in Allah en die Oordeelsdag glo, moet sy naaste eer (vrygewig wees teenoor), en wie in Allah en die Oordeelsdag glo, moet sy gas eer (vrygewig wees met).”

(Bukhari, 6018 & Moslem 74-47)

Spreuke van Profeet Muhammad met betrekking tot kos en medisyne

Voorkoming is beter as genesing

Alhoewel Muhammad nie 'n dokter was nie, is sy uitsprake met betrekking tot voedsel, gesonde eetgewoontes, behandeling met kruie versamel in boeke wat later bekend staan as "The Prophetic Medicine".

Muhammad het by verskeie geleenthede aangedui dat die maag die slegste pot is om te vul. Klein maaltye en 'n paar happies wat honger bevredig, sal beter wees as om die [hele] maag te vul. Hulle help baie om gesondheidskomplikasies te vermy.

Hy het sy metgeselle aangemoedig om matig te eet en te drink, vetsug te vermy en 'n aktiewe en gesonde lewenstyl te handhaaf. Hy het God se woorde in hierdie konteks voorgedra. Vers 31, hoofstuk 7 in die Koran sê:

'O kinders van Adam! Dra u pragtige klere by elke tyd en plek van gebed: eet en drink, maar moenie verkwis (mors deur oormaat) nie. Hy (God) hou nie van verkwisters (uitspattige mense) nie. ”

Muhammad skryf gars voor

Vandag is daar baie navorsing wat die wonderlike gesondheidsvoordele van gars aantoon. Garsgras is 'n volledige voedingsaanvulling.

Gars bevat 'n wye spektrum van ensieme, vitamiene, minerale, fitochemikalieë en al agt essensiële aminosure, waaronder triptofaan, wat help om depressie te voorkom.

Muhammad het garssop (talbinah) vir maagaandoenings aanbeveel en in sy onbetwisbare uitsprake aangedui dat dit help om hartseer en depressie te verlig. Sy vrou Aisha het altyd die nabye familielede van 'n oorledene aanbeveel om talbinah-sop te eet om hartseer te verlig. (Bukhaari, 5365) en (Moslem 2316)

Volgens mediese navorsing word depressiewe siektes veroorsaak deur 'n afname in sekere chemikalieë of neuro-oordragstowwe in die brein wat verantwoordelik is vir gemoedstemming. Antidepressante stimuleer chemiese veranderinge wat die vlakke van hierdie neuro-oordragstowwe verhoog.

Die drie vernaamste neuro-oordragstowwe wat met gemoedstemming verband hou, is serotonien, norepinefrien en dopamien. Daar is gevind dat gars serotonien op 'n positiewe beïnvloed wat depressie verlig. Die voorskrif van gars deur Muhammad 1400 jaar gelede was beslis ongelooflik.

Muhammad het nie koring geëet nie en eerder meestal gars en brood gemaak van garsmeel, geëet.

Daar is ontdek dat volgraan gars baie gesondheidsvoordele inhou. Dit kan bloedsuiker reguleer, klein bloedklonte voorkom, en die vervaardiging van cholesterol in die liggaam verminder.

Dit is deel van Muhammad se leringe om klein maaltye gedurende die dag te eet. Die maag moet nie meer as twee derdes vol wees nie. Hy het vir sy metgeselle aanbeveel om een derde van hul maag se spasie vir kos en een derde vir vloeistof te hou en die laaste derde moet leeg gehou word vir asem. (Bron: Miqdam Bin Ma'di Yakrib) Riyadh Saliheen, (516)

Zamzam mineraalwater

Zamzam is die naam van mineraalwater wat uit 'n put 20 meter oos van die Kaabah in die Heilige Moskee in die stad Makkah kom. Moslems glo dat dit duisende jare gelede wonderbaarlik voortgebring is toe Ibrahim se seun Ismael dors was. Hy het aanhou huil en die grond geskop totdat water uitgestroom het (nadat sy ma Hagar baie tyd spandeer het om water te soek).

Zamzam-water is effens alkalies (pH = 7,5) en het 'n kenmerkende smaak. (Neem asseblief kennis dat om gedemineraliseerde water soos gedistilleerde water te drink, 'n suur pH in die maag en ingewande sal veroorsaak. Dit sal ook die suur refluks vererger.)

Muhammad het gesê dat Zamzam-water 'n geseënde water van God is. Dit is 'n kwistige maaltyd en 'n geneser van baie siektes (Vertel deur Bazzar en Tabarani).

Mineraalwater word deur die Amerikaanse voedsel- en dwelmowerheid geklassifiseer as ten minste 250 dele per miljoen (dpm) (totale opgeloste vaste stowwe TDS).

Chemiese ontleding van Zamzam-water het aan die lig gebring dat dit 'n gemiddelde van 1000 dpm mg/L, TDS, het. Dit voldoen egter aan die Wêreldgesondheidsorganisasie se standaarde vir drinkbare water.

Zamzam is 'n oorvloed-maaltyd wat 'n reeks minerale bevat wat die menslike liggaam nodig het, soos kalsium (wat nodig is vir sterk bene en vir die hart, spiere en senuwees om behoorlik te funksioneer), fluoried, wat nodig is vir tande en bikarbonate, wat voedselvertering help.

Zamzam-water is een van die rykste drinkbare waters met kalsium. Dit het 195-200 mg/L kalsium wat ongeveer 20% van die gemiddelde aanbevole daaglikse inname van kalsium vir volwassenes is. Dit is hoër as baie wêreldbekende mineraalwaters soos "Evian" (78-80 mg/L kalsium) en "Perrier" (147-150 mg/L kalsium).

Mineraalwater het 'n wye verskeidenheid terapeutiese funksies wat spier- en gewrigsontsteking, rumatiek en artritis kan verlig en behandel.

Dit is die woord "Rasul Allah" (Boodskapper van God) in Arabies wat in 'n vormende styl geskryf is wat soos 'n druppel water lyk. Met vergunning van Farid Al-Ali

Truffel as 'n medisyne

Muhammad het gesê: "Truffels is 'n soort 'Manna' (afgestuur op die kinders van Israel) en hulle sap is 'n medisyne vir die oë." 

Voorgelees deur (Bukhari, 5708) en (Moslem, 5244)

Truffels is 'n vlesige sampioenagtige plant wat tot die Agaricaceae-familie behoort. Dit groei in groepe onder die grondoppervlak (2-50 cm diep) in vogtige gebiede in die woestyn. Die plant het geen blare of wortels nie. Dit het 'n duidelike reuk en kan wit, grys of bruin van kleur wees.

Volgens die analitiese navorsing bestaan 77% van die truffel uit water en die oorblywende deel is 'n mengsel van proteïene, vet, koolhidrate en ander materiale.

Moderne wetenskaplike ontdekkings dui egter aan dat die vloeistof van truffels 'n effektiewe geneesbare effek het op baie oogsiektes, insluitend trachoma, 'n aansteeklike oogsiekte wat die kornea-selle beskadig.

Muhammad en olyfolie

Muhammad het olyfolie beskryf as afkomstig van 'n geseënde boom. Hy het aanbeveel dat sy metgeselle olyfolie eet en dit oor hul lyf (vel) te salf of te smeer. 

(Voorgelees deur Tirmithi, 1851)

Die moderne wetenskap bevestig dat olyfolie vele gesondheidsvoordele inhou. Olyfolie bevat baie mono-onversadigde vetsure wat die hoeveelheid goeie cholesterol verhoog en die hoeveelheid slegte cholesterol verminder. Olyfolie verminder cholesterol en het 'n positiewe invloed teen hartsiektes.

Olyfolie word baie goed deur die maag verdra. Daar word geglo dat olyfolie 'n beskermende invloed op maagsere en gastritis het.

Ekstra-suiwer olyfolie van die eerste pars van die olywe, bevat hoër vlakke van antioksidante, veral vitamien E en fenole omdat dit minder verwerk is.

Olyfolie word vandag beskou as 'n goeie middel vir velprobleme en 'n effektiewe bevogtiger.

Diegene wat die risiko van diabetes het, word aangeraai om 'n lae-vet, hoë-koolhidraat dieet met olyfolie te kombineer. Studies toon dat hierdie kombinasie beter is om bloedsuikervlakke te beheer in vergelyking met 'n dieet wat geheel en al uit lae-vet maaltye bestaan.

Allah is die Lig van die hemel en die aarde; die voorbeeld van Sy lig is soos 'n nis waarin 'n lamp is wat deur 'n glas omhul is; die glas is asof dit 'n ster is wat skyn soos 'n pêrel, aangesteek deur die geseënde olyfboom; nog van die ooste of van die weste; waarvan die olie byna vanself sou gloei (brand) alhoewel die vuur dit nie raak nie; lig op lig; Allah lei na Sy lig wie Hy wil; en Allah illustreer voorbeelde vir die mensdom; en Allah is [die] Kenner van alles.

Koran, 24:35