fbpx

Oor

Vrede met jou (As-Salaamu Alaykum)

Ontwikkel deur Muslim Central.

Die inhoud is verskaf, deur die welwillendheid van Osoul Sentrum/ Die Australiese Wetenskap- en Navorsingsakademie.

Boek omslag

Die doel van hierdie webwerf is om besoekers 'n bondige biografie van Profeet Muhammad (VOH) in die plaaslike tale van Suid-Afrikaners te verskaf.

As jy meer oor Muhammad en/of Islam wil leer, vind asseblief jou naaste Moskee of Islamitiese Sentrum om jou te assisteer. Bv Google-moskee naby my.

Vertalers:

  • Zoeloe – Anon
  • Xhosa – Muhammed Lwande Makwetu
  • Afrikaans – Sharifa Daniels

Inleiding

Moslems glo in een God (een godheid) wat die heelal en alle wesens geskep het. Sy naam is "Allah".

Alle eer aan Allah, die Heer van die heelal en alle wesens. Hy het die mens in die beste gestalte geskep en hom laat hoor, sien en dink. Hy het hom 'n opvolger op die aarde gemaak en hom toevertrou om die aarde te bou en geen onheil daarin te veroorsaak nie. Gevolglik moet die mens God aanbid en Sy godsdiens (Wet) op aarde vestig. Ons Skepper se Gebooie is duidelik.

Hulle beveel mense om goeie dade te doen en hulle te weerhou van alle soorte slegte dade en gruwels. Ons Skepper het ons lewe op aarde kort en tydelik gemaak. Lewe op aarde is 'n brug na die ewige lewe in die Hiernamaals.

Dit is die Dag van Oordeel. Wie goed doen, sal dit sien en sal daarvoor beloon word. En wie kwaad doen, sal dit sien en daarvoor gestraf word.

Dwarsdeur die geskiedenis het God baie boodskappers na die mensdom gestuur om hulle na hul Skepper te lei en aan hulle die waarheid agter hul skepping en lewensdoel te verduidelik. Nuh (Noag), Ibrahim (Abraham), Musa (Moses), Isa (Jesus) en Muhammad was profete en boodskappers van God, vrede op
almal van hulle.

Profeet Muhammad, vrede wees met hom, is egter deur 'n paar belangrike kenmerke onderskei. God het hom gekies om die laaste goddelike Boodskap aan die mensdom oor te dra. Dit word bewaar in die Koran, die laaste goddelike boek aan die mensdom. Profeet Muhammad se lewe was ook 'n praktiese demonstrasie en toepassing van God se Gebooie. Sy leringe het bewys dat die opregte en eerlike nakoming van ons Skepper se gebooie, welwillendheid, welstand en vrede vir die hele mensdom bring. Profeet Muhammad het die morele basis van 'n beskawing gestel wat 'n keerpunt in die ontwikkeling van die mensdom geword het.

Die wêreld gaan egter deesdae deur 'n kritieke stadium wat belas is met sosiale, ekonomiese en politieke probleme sowel as ernstige katastrofes. Alle mense op die aardbol is op soek na 'n veilige uitgang van hierdie stadium.

[Hierdie webwerf] stel bekend 'n kort biografie oor Profeet Muhammad en sy leringe wat die harte van miljoene mense op aarde verlig het. Toe sy metgeselle en volgelinge opreg in God se finale Boodskap geglo het en die leringe van Sy Boodskapper Muhammad (vrede op hom) toegepas het, was hulle in staat om geregtigheid, genade en welwillendheid te versprei waar hulle ook al [gegaan en] bereik het.

Die huidige komplikasies in die wêreld eskaleer geweld en terrorisme, en die negatiewe media maak die onregverdige assosiasie tussen geweld en die leerstellings van Profeet Muhammed.

Hierdie boek is ontwerp in 'n sakgidsstyl om vinnige, maklike en outentieke inligting te verskaf oor Profeet Muhammad, sy lewe en leringe wat vrede en rustigheid versprei het in Arabië en alle streke wat Islam as 'n godsdiens aangeneem het en 'n Boodskap van die Heer van die mensdom aan alle mense.
Daarbenewens het Profeet Muhammad se leerstellings die etiese stelsel en gedragskode in die Islamitiese samelewings bepaal. Sy leerstellings het die morele basis van die Islamitiese beskawing bepaal.

God sê in die Koran: "En Ons het jou nie gestuur nie, maar as 'n genade vir die wêrelde" Koran 21:107. Ons vra ons Heer, die skepper van die heelal en alle wesens om ons na die ware en reguit pad te lei.

Vrywaring en belangrike notas

Wanneer Moslems Muhammad se naam noem, is dit 'n godsdiensvereiste om respek uit te spreek deur te sê "vrede met hom" wat algemeen afgekort word as (VMH) [Engels: PBUH]. In Arabies word dit so geskryf (ﷺ).

Aangesien hierdie egter 'n opgesomde sakgids is waar Profeet Muhammad se naam gereeld genoem word, word dit op sommige plekke oorgeslaan om ruimte te bespaar en nie om nie-Moslemlesers se aandag af te lei nie. Geen disrespek word bedoel nie.

Moslems glo in een God (een godheid) Wat die heelal en alle wesens geskep het. Sy naam is "Allah". Wanneer die woord God of Heer in hierdie sakgids genoem word, beteken dit Allah, die Verheerlikte en Verhewe.

Arabiese woorde wat in Engelse gebruik erken word, sal Webster se spelling volg, byvoorbeeld die stede Makkah en Medina. Wanneer dit nuttig is, kan 'n presiese transliterasie van die oorspronklike Arabiese woord egter gebruik word.

Mekka word dikwels in baie Islamitiese boeke "Makkah" geskryf. Net so word Medina geskryf "Madinah" of "Al Madinah Al Munawwarah" wat die "Verligte Stad" beteken.

In hierdie boek sal “Makkah” en “Madinah” gebruik word. Inligting wat in hierdie sakgids verskaf word, is verkry van
outentieke bronne volgens die beste kennis van die skrywer.